Missie & Etos

VISIE

Waardegedrewe skool met die kind as kern.

MISSIE

Die belange en behoeftes van ons leerders, personeel, ouers en almal wat ‘n belang in die skool het, is vir ons belangrik en daarom streef ons daarna om:

  • ‘n toekomsgerigte akademiese stelsel daar te stel wat leerders in totaliteit voorberei.
  • die skool dinamies te bestuur volgens aanvaarbare besigheidsbeginsels.
  • ‘n gesonde klimaat vir die optimale ontwikkeling van die kind in totaliteit te skep sodat die leerder ook ‘n positiewe bydrae tot die skool kan lewer.
  • ‘n professionele en ondersteunende personeelkorps wat in samewerking met die ouers binne die etos van die skool, medeverantwoordelikheid aanvaar vir die opvoeding van die leerder.
  • ‘n meelewende ouerkorps te ontwikkel wat die visie, missie en doelwitte van die skool ondersteun en uitdra.
  • ‘n gesonde interaksie tussen skool en gemeenskap te ontwikkel en uit te bou.
  • ‘n leiersrol te speel in die ontwikkeling van die onderwys.
  • aan die leerders gespesialiseerde afrigting en geleenthede te bied om binne hulle vermoë optimaal te presteer
  • die mees effektiewe fasiliteite daar te stel om die leerder doeltreffend in totaliteit te ontwikkel
  • ‘n professionele doelmatige administratiewe diens te lewer.

ETOS

The Ethos of Huttenpark Primary is as follows:

  • Die Christelike karakter, tradisies en waardes van die skool word ten alle tye eerbiedig en op voortgebou met inagneming van die Grondwet van SA met betrekking tot die plek en regte van ander godsdienste.
  • Positiewe deelname aan ‘n verskeidenheid sport- en kulturele aktiwiteite word aangemoedig.
  • Samewerking en respek tussen die onderskeie taalgroepe word gehandhaaf en die kultuur-eie van die individu word erken.
  • Die uniekheid van elke individu word erken en daar word daadwerklik aan die vorming van ‘n positiewe selfbeeld meegewerk.
  • Om as ʼn waardegedrewe skool te funksioneer onderskryf ons die volgende fundamentele waardes : Verantwoordelikheid, omgee, eerlikheid/lojaliteit, burgerskap, respek en regverdigheid.